Beste Redakteur en Kollega

 

Ek sit en kyk na lyste van Limpopo se dorpname en landdroskantore en soos gewoonlik ontdek ek dinge wat ek nie geweet het nie.
Daar is dorpe in die Capricorn se distriksmunisipaliteit Burgerregt, Taaiboschgroet en Kameelkop. Op die Wikipedia se lys van dorpe in Suid-Afrika word Matlabas en Melkrivier ook as dorpe aangedui maar Rooiberg en Steenbokpan is nie opgeneem nie. Dwaalboom word by ‘n ander plek op Wikipedia (af.wikipedia.org/wiki/Dwaalboom) as ‘n nedersetting aangedui maar Laatsgevonden kwalifiseer wel as ‘n dorp en is naby Makhado (Louis Trichardt).
Ek probeer vasstel wat is die reël waarvolgens plekke dorpstatus kry en loop my vas. Daar is dorpe sonder polisiestasies, poskantore, skole en landdroskantore en dan is daar nedersettings mét ‘n polisiekantoor, poskantoor, skole en landdroskantore soos Witpoort (dié landdroskantoor heet Phalala). Ek lees dat die dorp Burgersfort se landdroskantoor Praktiseer is en Northam het landdroskantore maar is nie ‘n dorp nie.
Soms wonder ek ook oor die ontstaan van ‘n plek se naam soos hoekom is Soekmekaar juis Soekmekaar?
Mevrou, weet jy dalk waar pas die ‘hoed’ van Hoedspruit?
(Baie van die lyste wat op internet beskikbaar is, is verouderd. Wikipedia en Map data @2017 AfriGIS (Pty) Ltd. Google is as bronne gebruik en die korrektheid kan dus nie gewaarborg word nie.)

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.