Kersboodskap van Carel Lee

LEPHALALE — Dit voel soos verlede week wat ons die Kersfeesbome in die kas weggebêre het en hier is ons nou aan die einde van 2018, reg om ons kersversierings af te stof en ons Kersbome weer op te slaan.

(Foto www.laerskoolellisras.co.za)

Laerskool Ellisras wants to thank everyone from the Lephalale community that was part of another remarkable year. It was a year with not only a lot of changes for our school itself, but also a year where dreams came true. A school can only be functional if all the stakeholders work together and for that we are very grateful towards everyone.

Aan die einde van ʼn besige jaar is daar altyd die vooruitsig dat ons in die feesseisoen ingaan. Ek hoop U sal diè Kersfees net weer besef waaroor die dag regtig gaan en dit in liefde en vrede saam met familie en vriende vier. Mag almal op 25 Desember wakker word met ʼn somerkersfees. Mag julle die klokke saggies hoor beier. Mag die kersboom se liggies ʼn helderheid in almal se oë bring en mens laat besef dit is alles omdat God vir ons lief is.

Ek wens elkeen ʼn Geseënde Christusfees toe. Enjoy the holiday and may you have a prosperous 2019.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.