Koekeloerder — 1 Julie 2016

Beste redakteur en kollega
Ek sit op my stoel en dink aan die tsoenami wat Brexit veroorsaak het soos die bedanking van die Konserwatiewe of overgesetsynde Tory eerste minister David Cameron en die deurmekaarspul in die opposie Arbeidersparty waar skimministers uit hul skadu-poste bedank het.
Die reaksie op die UIT-meerderheidstem het die sêding “eerder die duiwel wat jy ken as die onbekende een” bloedneus geslaan. Die wie-nie-waag-nie-sal-nie-wen-stemmers het gewen.
‘n Vrees vir alles wat nuut is word neofobie genoem. In ‘n sekere mate ly baie van ons wat nie erg avontuurlustig is nie aan ‘n vrees vir die onbekende.
Ek is tevrede om op televisie te sien hoe lyk dit op die bodem van die see. Ek stel nie belang om self te gaan kyk nie, want sê nou maar ek kom nie weer boontoe nie?
Ek het ook nog nooit ‘n reksprong probeer nie, want sê nou maar die operateur besef nie hoe lank my bene is nie en ek tref die aarde met ‘n vrot spoed?
Ek kruip nie in grotte rond nie, want sê nou ek sit vas of ‘n luiperd wag my in?
In ‘n groot mate funksioneer ‘n gemeenskap ook deur dinge elke jaar te doen net soos die vorige jare. Basaars, feeste, ensovoorts. Ons bly by die bekende.
Ons gaan kyk en beleef weer verlede jaar en die jare voor dit se programitems. Maar is ons regtig so neofobies dat ons nooit iets vars, iets nuuts of iets anders wil sien of beleef nie?
Mevrou, dink jy dit kan pond teen doller as kopaf gaan as ek eendag besluit om te reksprong met my bene opgetrek?
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.