Koekeloerder — 13 Jan 2017

Beste reakteur en kollega,
Ek sit op my stoel en lees hoe die gewoonte om nuwejaarsvoornemens te maak reeds by die Babiloniërs ontstaan het wat aan hul gode belowe het dat hulle met die begin van elke jaar alle geleende voorwerpe of uitstaande skuld sou betaal.
Daarna het die Romeine sekere beloftes aan hul god Janus, waarna Januarie vernoem is, gemaak.
Ek lees by en.wikipedia.org dat die meeste hedendaagse voornemens te doen het met gewigverlies; (meer) oefeninge doen; ophou rook; stop om naels te byt; geld spaar; minder TV-kyk; minder drink en minder tyd spandeer op sosiale media.
Min inligting is bekend oor hoeveel van hierdie voornemens wel slaag.
Ek het al lankal ‘n onderneming aan myself gemaak om geen ondernemings aan te gaan wat ek in elk geval nie gaan deurvoer nie.
Hierdie jaar het ek ook besluit geen dagboek nie. Néé, ek skryf op 1 Januarie in skoonskrif en die woorde rol oor tot by 3 Januarie. My skrif raak op 5 Januarie meer twyfelagtig en teen 9 Januarie skryf ek met slordige skrif in min woorde. En daar stop dagboekhou tot die volgende jaar.
Mevrou, in hoeveel tale dink jy het die Babiloniërs beloftes gemaak om alle geleende voorwerpe terug te gee?
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.