Koekeloerder — 14 April 2017

Beste Redakteur en Kollega
Ek sit stil op my stoel in – wat sommige oorhaastige media – Laphelale noem.
Nuus is net nuus as dit nuut is maar nuus is ook net nuus as dit nie vals nuus is nie. Dis soos die kitsnuusberiggewers wat nou al ‘n paar keer verwys het na die Ellisrasrivier. In ons eie dorp verwys bruin-en-witaanwysingsbordjies, onder andere op die hoek van Fox Odendaal en OR Tambo, na die lekker plek ELLISRUS. Ons draai elke dag by genoemde verkeerslig in die rigting waarheen die bordjies beduie na die koerantkantore waar nuus geen rus of duurte het nie.
Mevrou, ek sit op my stoel in Laphelale (ook genoem Lephalale) ook genoem Ellisrus en voor dit Ellisras en herbereken en herbereken.
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.