Koekeloerder — 17 Feb 2017

Dries van Rooyen, stigterslid
van Mogol Pos

Beste redakteur en kollega
Ek sit op my stoel wetende hierdie uitgawe van Mogol Pos gaan die twee-en-twintigste-jaargang in. Geen ander koerant in die geskiedenis van Lephalale kon so uithou en aanhou nie.
Dit is ook die week van Valentynsliefde.
Dankie aan stigterslid Dries van Rooyen, ons mentor en Koekeloerder se klankbord wat die platform gebou het waarop die koerant geanker is.
Baie dankie aan kollegas, adverteerders, lesers en al die Bosvelders en ander lesers op ons poslys, Facebook en webtuiste. ‘n Groot dankie ook aan Johan van Rooyen vir goeie samewerking en Domitor Drukkers se puik drukwerk.
Mevrou, dink jy ook dat ons deksels geseënd is om deel te wees van só ‘n unieke, warm Bosveldgemeenskap?
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.