Koekeloerder – 19 Feb 2016

Beste redakteur en kollega,
Ek sit dankbaar op my werkstoel in Limpôpô. Verlede week se uitgawe was die voltooiing van die twintigste jaargang en hierdie koerant lei die eerste uitgawe van die 21ste jaargang in.
Ek het grootgeword twee kort “s” woorde is skadelik – spog en spot.
Die eerste Mogol Pos is uitgegee op 16 Februarie 1996 te midde van daardie jaar se oorstromings. Die dorp se naam was nog Ellisras en die Burgemeester was raadslid Stephen Ratlou. Die agterbladberig het gehandel oor die Mogolklub se Sportster van die Jaartoekennings en Volume 1, nommer 1 was ‘n beskeie agtbladsykoerant.
Besighede het gekom en gegaan maar in die eerste uitgawe twintig jaar gelede was daar advertensies van besighede wat vandag nog in bedryf is en steeds in die Mogol Pos adverteer. Sommige besighede het wel naam- of eienaarveranderings ondergaan.
Dit bring my by stigterslid en regtervlerk Dries. Ek dra ‘n hartvormige silwermedaljon om my nek. Die Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal beskryf dit as ‘n hangertjie, met byvoorbeeld ‘n portret of haarlok binne-in, wat aan die nek of aan ‘n horlosieketting gedra word. Binne-in myne is klein foto’s wat vir my die simboliek van Dries en my saamwees is.
Mevrou, lank lewe Mogol Pos en dankie aan almal van julle se fenominale bydrae en byderwetse voorstelle wat bydra tot die vooruitgang van die webtuiste, Facebook-blad en die gedrukte koerant binne ‘n baie spesiale gemeenskap.
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.