Koekeloerder — 19 Mei 2017

Beste Redakteur en Kollega,
Ek sit op my stoel ek kyk na Dirk Heunis se video van die seekoei wat ewe rustig strate in Onverwacht bewandel. Sommige oorsese mense dink hoeka dis ‘n algemene gesig dat leeus en ander wilde diere in Suid-Afrika se strate rondloop.
Volgens http:/list25.com is die mens die dier wat die meeste mense se dood veroorsaak gevolg deur muskiet, tsetsevlieg, slang, skerpioen en in die sesde plek seekoei. Daarna is dit krokodil, olifant, buffel en in die tiende plek honde wat as huisdiere aangehou word. Krismisvader se takbok is glo die 11de gevaarlikse gevolg deur tier, jellievis en Afrikaleeu, Dan volg bye, miere (allergiese reaksie) en dan koeie. Perde is agtiende gevolg deur luiperds, haaie, bere, spinnekoppe, bulle, ensovoorts. Interessant dat bulle wat ook in stiergevegte gebruik word minder sterftes veroorsaak as gewone vleis- en/of melkkoeie!
Ander lyste soos byvoorbeeld www.cntraveler.com se volgorde kan verskil maar almal plaas homo sapiens as die gevaarlikste spesie van alles wat lewe.
Mevrou, in die Bosveld waar dit bos is, loop die seekoei waar daar teer is …

— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.