Koekeloerder — 23 September 2016

Beste redakteur en kollega
Ek sit op my stoel en wonder wat noem mens die openbare vakansiedag wat op Dinsdag 27 Desember val omdat daar blykbaar skielik 12 vakansiedae moet wees waarop nie gewerk word nie.
Paselladag? Dosyndag? Twaalf vakansiedae en dertien ongelukkedag? Ek-is-darem-ouer-as-twaalfdag? Twaalfdemandag vir die krieketspelers? Die-vierkantswortel-van-‘n-grosdag? Klokslag Twaalfdag? Kleinste-getal-deelbaar-deur-vyf-syfersdag (1, 2, 3, 4 en 6 – waar 10 byvoorbeeld net deelbaar is deur 2 en 5).
Twaalf is nie sommer ‘n hierjy getal nie. Daar is twaalf maande in ‘n jaar. Daar was twaalf apostels. Daar is twaalf ure in ‘n etmaal.
Aan Koning Arthur se ronde tafel het twaalf ridders gesit. Twaalf is die hoogste telling wat mens met twee dobbelstene kan kry.
Twaalf is op die Beaufort-orkaanskaal die sterkste wind en ek weet nie wat sal gebeur as dit teen dertienskaal sou waai nie. Die stamme van Israel is twaalf. Hercules moes twaalf moeilike take uitvoer. Die diereriem het twaalf tekens. En die wat wil weet – die atoomnommer vir magnesium is twaalf. As ek weer my dokter sien gaan ek hom vra waar sit my twaalfde kraniale senuwee.
Mevrou, laat dit jou XII gaan!
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.