Koekeloerder — 24 Feb 2017

Hierdie foto is reeds in 2014 geneem en word telkens weer in sosiale media “gepost” as ‘n onlangse voorval

Ek sit op my stoel en luister na die klank van die reën op die dak.
 Ek dink dit is nie net “fake news-“ op internet wat groot skade kan aanrig nie maar ook gewone Facebook- en ander digitale platformgebruikers wie se foutiewe plasings (of herplasings) ‘n riemtelegram op steroïede is.
Van Warmbad tot Kempton Park, van Wes-Kaap tot Beitbrug en terug tot tussen Lephalale en Vaalwater word ‘n ou foto van Maart 2014 vars gesirkuleer van ‘n weggespoelde brug. Mense ‘tag’ dan ander en so raak die ou berig soos ‘n klippie wat nóύ in die water gegooi word. Mense lees ongelukkig nie altyd die fynskrif onder foto’s raak nie en deel dan met goeie bedoeling ‘n vals alarm.
Groot chaos kan veroorsaak word indien ou insidente en nuwe insidente se inligting deurmekaar raak.
Indien iemand wat op pad is na Ellisras en nie wéét die foto is oud nie kan hulle ook onnodig ‘n ompad na Lephalale/Stockpoort ry.
Waarsku ons mense oor foutiewe inligting wat gesprei word kan daar ‘n Babelse verwarring ontstaan sou iets soortgelyks wél nou in ons omgewing plaasvind omdat goeie reën juis nou in ons omgewing val. Loop dus maar katvoet op sosiale media en kry inligting vanaf betroubare bronne wat weet hoe om feite te verifieer.
Mevrou, stem jy saam dat Facebook-trolle chaos kan veroorsaak. Groot chaos!
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.