Koekeloerder 29 Jan 2016

Beste redakteur en kollega,
Ek sit op my stoel en wonder of ander mense hulself ook so kan besig hou soos ek. Ek bedoel besig hou soos in wanneer jou brein so aktief raak dat jy nie al die varkies wat op hok is kan tel nie.

 Ek besef nou eers dat ek glad nie kreatief dink as ek aktief dink nie. Ek besef ook nou eers dat as mense vir my vra of ek moeg is wanneer ek nie moeg voel nie hulle iets raaksien. Verlede week het twee mense gevra of ek moeg is en ek het geglo my “nee” is eerlik.  
 Donderdagoggend het ek besef ek voel emosioneel moeg omdat my brein die hele tyd soos ‘n spinnerak se drade koppelings maak. Een woord lei my na ‘n ander onderwerp en in die proses is ek die hele tyd besig om na te slaan.  
 Te soek en vinnig afleibaar weer in ‘n ander rigting te begin soek.
 Met al my gewonder oor hoe het woorde, sêgoed en vergelykings ontstaan is ek uitgeput, pê, poegaai! Ek probeer naspeur wat sal die vergelyking wees vir moeg? So moeg soos ‘n hond sê wikepedia.org.
 Ek is emosioneel dus hondmoeg en nie so reg soos ‘n roer; so rats soos ‘n kat of so regop soos ‘n kers nie.
 Mevrou, verbeel ek my of voer ek te veel debat met myself en ander as ek kopmoeg raak?
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.