Koekeloerder — 30 September 2016

Beste redakteur en kollega
Ek sit en besef my werkstoel is deurgesit en glo dit sal beslis my skerp stuitjie, ook genoem koksiks – so genoem omdat dit glo soos die snawel van ‘n koekoek lyk, se skuld wees en nie my gewig nie.
Die koekoek is ‘n voël wat wel onder ‘n kalkoen uitgebroei kan word want dié spesie is ‘n broeiparasiet. Die wyfiekoekoek lê haar eiers in ander voëls se neste en die kleintjies word dan deur die surrogaatouers grootgemaak. Dit is dus net die wat klokslag op die uur uit koekoekklokke met ‘n “koekoek-koekoek” uitspring wat vlytig is.
Mevrou, môre werk ek nie want ek gaan na Pretoria. Dink jy my stoel of my beenbekstuitbeen gaan bly wees of albei?
(Bronne geraadpleeg: Pharos, Woordeboek vir die Gesondheids-wetenskappe, gedruk en gebind deur Interpak Books & nl.wikipedia.org/wiki/Koekoek_vogel.)
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.