Koekeloerder 5 Feb 2016

Beste redakteur en kollega
Ek sit op my stoel met gedagtes wat hardloop soos ‘n wegholperd.
FACEBOOK
Die bakleiers het ‘n Vuisboek
die stoutes het ‘n Vuilboek
die slagters het ‘n Vleisboek
die ongetroudes het ‘n Kysboek
die swerwers het ‘n Reisboek
die insleepdienste het ‘n Hysboek
die polisie het ‘n Lysboek
die losbekke het ‘n Suisboek
die huisma het ‘n Huisboek
die kokke het ‘n Kombuisboek
die kelners het ‘n Spysboek
die navorsers het ‘n Proefbuisboek
die landdros het ‘n Juisboek
die honde het ‘n Luisboek
die grote ore het ‘n Muisboek
die juffrou het ‘n Regmerk & Kruisboek
die dominee het ‘n Prysboek
die met sooibrand het ‘n Bruisboek
die voëlkykers het ‘n Patrysboek
die padmakers het ‘n Teer en Gruisboek
die inwoners van Oudshoorn het ‘n Volstruisboek
die wewers het ‘n Pluisboek
die damingenieur het ‘n Sluisboek
die by die see het ‘n Gedruisboek
die nonne het ‘n Kuisboek
die rykes het ‘n Kluisboek
die biblioteek het ‘n Verwysboek
die drinkers het ‘n Eishboek
die kakkerlakke het ‘n Gespuisboek
die sotte het ‘n Onwysboek
die filosoof het ‘n Wysboek
die modelle ‘n ander Wysboek
Mevrou, dink jy ook soos ek – die koerant is die spreekbuisboek?
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.