Koekeloerder — 7 Julie 2017

Beste Redakteur en Kollega
Ek sit en kyk na ‘n fopnuusvideo wat die 71-jarige Donald J Trump op sosiale media geplaas het waar hy simbolies ‘n bekende TV-nuuskanaal disnis stoei. Nekslag! Planke toe!
Ek herhaal, ek sit op my stoel in die jaar van die huidige jaartelling 2017 en wonder hoe is dit moontlik dat die (on)Verenigde State van Amerika bestempel word as die wêreld se voorste moondheid? Geen wonder dat beskrywende woordeboeke nie te veel uitbrei oor wat ‘n moondheid in der waarheid is nie. Pharos se HAT (6), Pearson, beskryf moondheid kort en kragtig as “onafhanklike, dikwels invloedryke, welvarende lande: die groot moondhede”.
Die twee woorde wat veronderstel is om die uiterste van vreemdheid te beskryf is bisar en absurd.
Mevrou, ek sit op my stoel en lees mens kry meer bisar en die mees bisarre ook.
Daarna kry jy net bekende aanhalings soos die een van Donald J Trump: All of the women on The Apprentice flirted with me – consciously or unconsciously. That’s to be expected.
(Let wel, my bron is nie CNN nie maar www.google.com …)
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.