Koekeloerder — 7 Oktober 2016

Beste redakteur en kollega
Ek sit op my stoel en ek wonder hoe die voorgestelde nuwe drankwet deurgevoer sal kan word.
Die bedoeling van die wet, dat niemand jonger as 21 mag drink nie, is goed maar nie prakties nie. Volgens wet is ‘n jongeling meerderjarig vanaf 18 en kan dan sonder ouertoestemming trou. Trou met die voorwaarde dat 18 tot 20-jarige bruide en bruidegomme heildronke klink met appelsap of sodawater.
Op 18 kan jy ‘n bestuurderslisensie kry en op hoofweë bestuur sonder toesig. Jy kan lank voor 18 voorbehoedmiddels en kondome gratis van die staat kry. Laasgenoemde in verskillende kleure en geure met die waarborg dat dit deesdae minder geraas maak.
Sal iemand asseblief vir die ontevrede studente sê hulle mag nie meer drink nie sodat die afdwingbaarheid van die nuwe drankwet getoets kan word.
Koekeloerder sê byvoorbaat voorspoed en laat hy val waar hy wil aan ons wetskrywers.
— Elsa

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.