Redakteursbrief — 2 Maar 2018

Mens word geleer jy bid vir reën, veral op die platteland en wanneer jy begin verstaan waar die kos in die land vandaan kom.

Ek persoonlik is skuldig daaraan dat ek soms wens dit gaan nie reën nie, want ek sien nie kans vir die nat grondpad wat ek moet ry nie. Maar dit spreek ek nie hardop uit nie.

Ek dink daar was die afgelope Saterdag baie mense wat hiermee sal kan identifiseer. Mens wil nie hê die reën moet ophou nie, maar dit sou maande se beplanning en voorbereiding vir Saterdag se Interhoër kniehalter.

Ek was die dag voor die Interhoër by die skool en het in my enigheid gedink hulle is mal om voort te gaan, want toe sous dit nou al ʼn paar dae. En toe word gebede verhoor. Saterdag was die perfekte dag vir ʼn atletiekbyeenkoms.

Ongeag die weer – ek lig my hoed vir elke liewe persoon wat betrokke was by die reël van die Interhoër. Dis MAANDE se reëlings wat op die einde bymekaarkom. Alles was pragtig en ons is trots om te kan sê dit is ONS skool. Bravo vir julle! En ʼn tweede plek is steeds fantasties.

Lekker lees aan hierdie week se uitgawe van Mogol Pos.

— Leoni

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.