Redakteursbrief — 28 Okt 2016

Daar is nou die dag in die GPF-vergadering melding gemaak daarvan dat daar tans sowat 8 000 mense minder is in Lephalale as sowat drie jaar gelede. Die Medupiprojek nader sy einde stadig maar seker en dis realiteit dat daar ook stadig maar seker minder werk gaan wees. Die minder mense is glo een van die redes waarom die misdaadsyfers afneem.
Dit nou buiten die feit dat meer as die helfte van misdade blykbaar nie aangemeld word nie. Waaroor ons terloops al verskeie kere berig het.
So ek wonder nou net as daar dan 8 000 minder mense in die dorp is, waarom word daar steeds woonareas ontwikkel. En winkels? Ek weet daar is baie nuwe verwikkelinge soos Thabametsi in die pyplyn en dat daar weer baie mense aangestel gaan word, maar regverdig die nuwe ontwikkeling regtig nog nuwe woonareas? Daar is reeds soveel probleme met rioolstelsels en water, maak dit sin om NOG huise en wooneenhede te ontwikkel? En wat van al die huise wat leegstaan?
Daar is ook tydens die GPF-vergadering gevra dat mense alle misdaad moet aanmeld. Tog het ek weer eens hierdie week ‘n brief ontvang van iemand wat ‘n geval van rusverstoring aangemeld het en die polisie het volgens hom nooit opgedaag nie. Ek kon ongelukkig nie die brief plaas nie, maar hoeveel sulke gevalle is daar waarvan ons nie hoor nie? Dit is ‘n bose kringloop. Misdaad word nie aangemeld nie, dus lyk dit of ons polisie nie ‘n mannekragtekort het nie. En misdaad word nie opgevolg nie, omdat ons nie genoeg mannekrag het nie.
Op ‘n meer positiewe noot – baie geluk aan al die hoërskoolleerders met pragtige prestasies wat tydens die Hoërskool Ellisras se lourierfunksie beloon is. Dit gee mens sommer weer moed vir die toekoms van ons land om te sien dat daar nog jongmense is wat wil werk en vooruitgaan. Baie sterkte ook aan die nuutverkose leiers met die belangrike taak wat op julle wag.
Lekker lees, tot volgende week. Dit nou buiten die feit dat meer as die helfte van misdade blykbaar nie aangemeld word nie. Waaroor ons terloops al verskeie kere berig het.
So ek wonder nou net as daar dan 8 000 minder mense in die dorp is, waarom word daar steeds woonareas ontwikkel. En winkels? Ek weet daar is baie nuwe verwikkelinge soos Thabametsi in die pyplyn en dat daar weer baie mense aangestel gaan word, maar regverdig die nuwe ontwikkeling regtig nog nuwe woonareas? Daar is reeds soveel probleme met rioolstelsels en water, maak dit sin om NOG huise en wooneenhede te ontwikkel? En wat van al die huise wat leegstaan?
Daar is ook tydens die GPF-vergadering gevra dat mense alle misdaad moet aanmeld. Tog het ek weer eens hierdie week ‘n brief ontvang van iemand wat ‘n geval van rusverstoring aangemeld het en die polisie het volgens hom nooit opgedaag nie. Ek kon ongelukkig nie die brief plaas nie, maar hoeveel sulke gevalle is daar waarvan ons nie hoor nie? Dit is ‘n bose kringloop. Misdaad word nie aangemeld nie, dus lyk dit of ons polisie nie ‘n mannekragtekort het nie. En misdaad word nie opgevolg nie, omdat ons nie genoeg mannekrag het nie.
Op ‘n meer positiewe noot – baie geluk aan al die hoërskoolleerders met pragtige prestasies wat tydens die Hoërskool Ellisras se lourierfunksie beloon is. Dit gee mens sommer weer moed vir die toekoms van ons land om te sien dat daar nog jongmense is wat wil werk en vooruitgaan. Baie sterkte ook aan die nuutverkose leiers met die belangrike taak wat op julle wag.
Lekker lees, tot volgende week.
— Leoni

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.