Brief 2 — 21 Oktober 2016

Die redakteur
Ons is van Lydenburg en ons dogter het op 8 Oktober by ‘n lodge net buite Lephalale getrou.
Wat ‘n aangename ondervinding. Die span het soveel moeite gedoen en hulle het die ekstra myl gestap om hulpvaardig te wees. Die eienaar het selfs Saterdag ‘n watertrok gekry om die area waar hulle die wild voer nat te spuit sodat die stof kan gaan lê en nie die gaste sal pla nie. Ons waardeer alles wat hulle vir ons gedoen het.
Ons gaste kan nie uitgepraat raak oor die gasvryheid en hupvaardigheid wat hulle in die bosveld gekry het nie.
Nogmaals baie dankie, julle sal weet wie julle is. Alles was wonderlik.

— Marco en Hantie van Wijk
Lydenburg

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.