Brief — 2 Desember 2016

Die redakteur
Ek wil graag ‘n lansie breek vir die elektriese afdeling van die Lephalale Munisipaliteit.
Dit is met groot waardering dat ek kan getuig van die uitstekende diens wat gelewer word deur die elektriese department van Lephalale Munisipaliteit.
Joseph en sy span het uitstaande werk gedoen toe daar Sondag 27 November ‘n kabelfout en etlike huise sonder krag was. Joseph het die probleem deur middel van goeie insig en kennis geïdentifiseer en die nodige herstelwerk is flink gedoen met die hulp van die span.
Hou so aan ons is trots op julle.
— Trudie Grobler

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.