Letters / Briewe — 11 November 2016

Die redakteur
Kan u asseblief hierdie publiseer? Dit is iets wat elke ouer sekerlik na aan die hart lê. En moontlik kom die skuldige/skuldiges vorendag wanneer hulle hierdie lees.
Elke ouer stuur sy/haar kinders na die skool met die wete dat dit ‘n veilige hawe is vir ons kinders, waar hulle ‘n geleerdheid moet kry. Ons as ouers verwag nie dat daar geweld by die skool sal wees nie. Ook nie diefstal nie. Maar dinge is vandag anders. Ek verstaan dat die onderwysers se hande afgekap is. Hulle kan niks doen as daar nie bewyse is nie.
Jare gelede toe ons op skool was moes ons ons tasse voor in die eksamenlokaal sit terwyl ons eksamen skryf. Maar nou laat die department dit nie toe nie. Die tasse wat buite die lokaal staan is ‘n oop uitnodiging vir enige oneerlike persoon of persone om net te vat, dit maak nie saak wie daardeur seergemaak word nie.
Dit gebeur in hoër- en laerskole. Wat het met ons land gebeur? Hoe nou gemaak? Jy kan nie die skool en die personeel blameer nie. Die skuldige het tussen neus en ore verdwyn. Ons almal sal seker net meer opmerksaam moet wees as vantevore. Kom ons hoop en bid dat so iets nie weer sal gebeur nie. En dat die skuldige wel sy straf sal ontvang.
— Mickey du Plessis

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.