† Huldeblyk, Johan van der Zandt †

10 Julie 1961 – 18 Februarie 2018

Johan van der Zandt het op 18 Februarie vanjaar die tydelike met die ewige verwissel. Hy het bekendheid verwerf as meganikus en het baie mense wat oor sy pad gekom het se lewens geraak. Of dit ʼn kar is wat gebreek het, ʼn stukkende trekker of sommer net vir ʼn kuiertjie, Johan was dáár vir almal.

Sy begrafnisdiens was op 22 Februarie deur dr. Hennie Hoepfner van uit die NG Kerk Albertyn waargeneem.

“Alles het ʼn vasgestelde uur, ons weet net nooit wanneer nie. Slegs ons Hemelse Vader kan met begrip die tyd omvou. Uit ons midde is weggegneem my eggenoot, ons dierbare vader, broer, oupa, familielid en vriend.”

— Hettie en familie

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.