1 misdaad reeds te veel

LEPHALALE — Die noodsaaklikheid daarvan om ALLE misdaad aan te meld word weer eens deur Thys Eloff, voorsitter van die gemeenskapspolisiëringsforum, beklemtoon.
Eloff sê dit is onmoontlik om genoeg mannekrag en hulpbronne vir Lephalale Polisie te kry as die ware misdaadsituasie nie op rekord aangedui word nie. Hy sê daar is baie uitsprake soos: “die polisie gaan in elk geval niks hieraan doen nie”, maar dit is nie die kwessie nie. “Al is die misdaad hoé gering, dit moet op rekord wees,” sê Eloff.
Hy het verder voorspel dat werkloosheid in die toekoms gaan toeneem wat daartoe lei dat misdaad ook toeneem. “Die hele ekonomiese situasie gaan versleg,” het hy gesê.
Eloff het verder gewaarsku dat die gemeenskap bedag moet wees vir ‘n valse gevoel van sekuriteit – veral op plase.
“Dit lyk asof kleiner misdade afneem terwyl geweldsmisdade toeneem en een misdaad is reeds te veel. Maak seker jou voertuie is gesluit en jou wapens is in die kluis. Dit is ‘n groot risiko as wapens in verkeerde hande beland – jou wapenlisensie kan onder andere weggeneem word,” het Eloff afgesluit.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.