10 goud vir EHS swem

LEPHALALE — Die Interhoër swemgala, aangebied deur Hoërskool Ellisras, is Woensdag 26 September by Mogolklub se swembad gehou.

Die wenspanne van die dag is Hoërskool Piet Potgieter met 1 822 punte, tweede Hoërskool Ben Viljoen met 1 671 en derde Hoërskool Ellisras met 1 463 punte.

Deelnemende skole was Hoërskole Frikkie Meyer, Warmbad, Ellisras, Ben Viljoen en Piet Potgieter.

Die EHS-swemmers ontvang 10 goue, 20 silwer en 18 brons medaljes.

Drie rekords word verbeter, naamlik:

Nicolas Louw seuns o. 14, 100 m rugslag 1:11,75; GJ Roets seuns o. 16, 100 m vlinderslag 1:01,62 en Tayla Vos dogters o. 16, 100 m borsslag 1:28,78.

Goue medaljes: Tayla Vos dogters o. 16, 50 m borsslag, 100 m borsslag, 100 m vryslag, 100 m borsslag, 50 m vryslag; Kayla Joseph dogters o. 16, 200 m individuele wisselslag; GJ Roets seuns o. 16, 200 m, 100 m vlinderslag, 50 m vlinderslag; Nicolas Louw seuns o. 13, 100 m vlinderslag en Bianca Nel dogters o. 16 vlinderslag.

Silwer medaljes: Nicolas Louw seuns o. 14 200 m, 100 m vryslag, 50 m vlinderslag; Johan van Deventer seuns o. 14, 50 m rugslag, 100 m rugslag; Bianca Nel dogters o. 16, 50 m rugslag; Nathalie Perrier dogters o. 17, 50 m rugslag; Adele Booysen dogters o. 17, 50 m borsslag en 100 m borsslag; Anelia du Plessis dogters o. 17, 50 m vlinderslag; GJ Roets seuns o. 16, 50 m vryslag en Danielle Oosthuizen 100 m rugslag.

Tweede plekke vir die volgende aflosse: seuns o. 15, 200 m vryslag: Fred Pistorius, Dries du Preez, Brandon Perrier, Estiaan Higgo; dogters o. 16, 200 m vryslag: Kayla Joseph, Anika de Klerk, Bianca Nel, Tayla Vos; seuns o. 16, 200 m vryslag: Janco Lotter, Enzo Mynhardt, Tiaan Malan en GJ Roets; seuns o. 17, 200 m vryslag: GP du Preez, Steyn van Staden, Hendri Reynecke en Jaco Strauss; seuns o. 14, 200 m wisselslag: Johan van Deventer, Andre Strauss, Nicolas Louw en Hanro Louwrens; o. 15 dogters 200 m wisselslag: Danielle Oosthuizen, Kayla Hefer, Nicole Meyer en Clarissa Booysen; o. 15 seuns 200 m wisselslag: Fred Pistorius, Dries du Preez, Maynhardt du Plessis en Estiaan Higgo; o. 16 seuns 200 m wisselslag: Dries van Heerden, Franco Troskie, GJ Roets en Tiaan Malan.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.