LEPHALALE — Die dendrologiese vereniging se plaaslike Tak Manketti nooi alle belangstellendes uit na hulle eerste byeenkoms vir vanjaar op Saterdag 21 Januarie 2017.
Vier bome en een struik sal tydens die geleentheid geïdentifiseer word en “boommeester” Andre van Stryp gaan onder andere van grondtipes tot “klimaatsbrieke” bespreek.
Om die braaivleisvuur sal daar verduidelik word wat die regte manier is om ‘n boom te meet, waarna daar tyd sal wees om vrae te vra en boomstories te vertel.
Daar is genoeg bome in die onmiddellike omgewing as jy op jou eie wil beweeg.
Die geleentheid begin om 09:00 op die plaas Boschpoort van Gert en Anita van Biljon. Veldwerk word vanaf 09:15 tot 11:30 gedoen.
Koeldrank, water en pap en sous sal voorsien word, maar bring asseblief jou eie vleis, eetgerei en stoele.
Vir aanwysings na Boschpoort, skakel Vonnie Maree by 082 788 0240.
Skakel Marthie Scheepers by 083 609 0181 om jou plek te bespreek en bevestig.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.