12 jaar verby!

LEPHALALE — Daar is geen gevoel wat ooit weer naby kom aan die gevoel wat jy het as jy jou laaste vak in die matriekeindeksamen geskryf het nie. Jy voel lig en vry en … groot!

Sorgvrye weke is jou voorland, die wêreld is jou woning …

Mogol Pos het Maandagoggend 26 November by Hoërskool Ellisras ingeloer en met ’n paar leerders gesels wat hulle penne as hoërskoolleerders vir die laaste keer neergesit het om te hoor hoe hulle voel en wat vir hulle voorlê.

Tahlita Rossouw sê die eksamen is baie vinnig verby en nie so stresvol soos wat sy gedink het dit gaan wees nie, maar tog is daar mos maar daai bietjie stres en onsekerheid maar sy glo dit sal goed gaan. “As jy leer dan weet jy min of meer waar jy lê,” sê sy.

Sy gaan nou eers ’n luilekker vakansie op die matriekvakansieboot geniet, en sy is nog onseker of sy na die Noordwes Universititeit (NWU) of die Universiteit van Stellenbosch (US) gaan.

Renata Tshelane said the exams were a little bit stressful here and there, especially Physics and Mathematics and she is glad it is over. Renata is hoping to study Business Management or Biomedical Technology at the University of Johannesburg or the University of the Free State.

Lara Jansen van Vuuren sê sy sien nou net uit na die matriekbootvakansie en daarna wag ’n BComm-graad by die NWU.

Marnique Gadda (hoofdogter 2018) sê die eksamen was oor die algemeen nie te moeilik nie en definitief nie so moeilik soos die rekordeksamen nie. “Die Wiskunde was bietjie rof en ons het Wetenskap en RTT op dieselfde dag geskryf, drie ure per sessie, en dit was moeilik. Marnique gaan nou eers saam met van haar vriendinne uitspan op die boot voordat sy medies gaan studeer by Tukkies.

Gerrie Blom sê die eindeksamen was beter as die rekordeksamen. Hy kan nie nou gaan rus nie, want jy moet begin oefen. Gerrie gaan volgende jaar aansluit by die Blou Bul Akademie by Tukkies.

Tiny Witbooi sê die eksamen was redelik goed – baie beter as die rekordeksamen en hy beplan om Biokinetika in Amerika te gaan studeer.

Lesego Boroto said the exams were good except for a few tricky ones. She is planning on studying BComm Accounting at Tukkies next year and the first priority now is to get her learner’s driver’s license.

Noluthando Jiyane said the exams were good and there was only one or two that were challenging. “It was definitely better than the trail exams, she said. She is planning to do Medicine at the University of Witwatersrand and BComm Accounting is her second choice.

She has already heard from Wits, UP and UCT and she is still deciding among Accounting, Medicine or Mining Engineering.

Carli Liversage het nege vakke en is gekeur om Veeartsenykunde by die Universiteit van Pretoria te gaan studeer.

Steyn van Staden, hoofseun 2018, sê die eksamen was vir hom nie te moeilik nie, dit was makliker as wat almal verwag het. Hy gaan die vakansie saam met sy familie spandeer, want sy plan is om volgende jaar in Amerika op ’n beesplaas te gaan werk.

Erik van der Walt is gekeur om Forensiese Rekeningkunde (Oudit) by die Noordwes Universtiteit te gaan studeer, maar voor dit gaan hy eers op die matriekvakansieboot, daarna Saldanha toe saam met sy gesin en dan wag Potch!

Christiaan Richards gaan aan die NWU studeer vir ’n geoktrooïeerde rekenmeester.

Marco Espach gaan ook Potch toe vir Meganiese Ingenieurswese.

Anri Spammer gaan NWU toe om bedryfingenieurswese te studeer.

Sabina Moraba is already accepted to study Medicine at the University of Pretoria. This is indeed an achievement, since she has been very ill before diagnosed with asthma.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.