17 swaeltjies uit neste gegooi

Hierdie 17 baba-swaeltjies het in Nicoleen Nel se hande geland nadat hul uit hulle neste geval het na ‘n “skoonmaaksessie” van die eienaar van ‘n winkel
Hierdie 17 baba-swaeltjies het in Nicoleen Nel se hande geland nadat hul uit hulle neste geval het na ‘n “skoonmaaksessie” van die eienaar van ‘n winkel

Leoni Kruger
LEPHALALE — Sewentien klein baba-swaeltjies is Dinsdag 25 Oktober uit hulle neste gegooi deur die eienaar van ‘n winkel in Lephalale. Die eienaar het “die gemors skoongemaak” by die ingang van die winkel en doodeenvoudig die neste op die grond gegooi om weg te gooi.
Twee verbygangers het dit opgemerk en gesien dat sommige van die voëltjies skaars ‘n dag oud is en ander was amper groot genoeg om te vlieg.
Hulle het die swaeltjies na die dierebeskermingsvereniging (DBV) in Lephalale geneem en hulle is verwys na die departement van landbou in Lephalale.
Mogol Pos het met Nicoleen Nel, veeartsenykundige assistent, gepraat nadat sy die 17 swaeltjies in haar sorg geneem het.
Sy het aanvanklik nie baie hoop gehad dat hulle sou oorleef nie, maar teen 9 November het al 17 nog geleef en mooi gegroei.
Nicoleen het egter bygevoeg dat dit onnodig is om swaeltjies uit hul neste te gooi, want hulle broei net ‘n sekere tyd en verlaat dan in elk geval die nes. Waarom nie net ‘n rukkie wag nie?

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.