1ste KANSA-kantoor

Elana Greyling, Riana Bronkhorst en Nancy van Staden voor KANSA se splinternuwe kantoor tydens die opening Vrydag 6 Januarie

Leoni Kruger
LEPHALALE — KANSA Lephalale spog vanjaar vir die eerste keer vandat hulle bestaan met ‘n amptelike kantoor. Riana Bronkhorst, Streeksbestuurder: Volhoubaarheid in Limpopo, sê hulle is verskriklik opgewonde om uiteindelik ‘n plek te hê waar mense byvoorbeeld dinge kan kom afhaal of donasies kan inhandig. Dit is ook maklik bereikbaar en almal weet waar Lephalale Square is. “Ons kan nou net ons werk nog beter probeer doen” sê sy.
Die kantoor is geleë in Lephalale Square, in die hoek langs Planet Nails. Kantoorure is Maandag tot Vrydag vanaf 10:00 tot 13:00. Skakel Nancy van Staden by 078 104 1718 vir meer inligting.
Enigiemand wat ‘n donasie aan KANSA Lephalale wil maak kan dit deponeer in CANSA Waterberg, rekeningnommer 269143452. Die verwysing is Lep/jou naam. Stuur asseblief die bewys van betaling na nvanstaden@cansa.org.za.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.