
SWARTWATER — Die vlak 4- en 5-gimnaste van Swartwater-gimnastiekklub het Saterdag 27 Julie in Brits aan hulle eerste kompetisie vir die jaar deelgeneem en goed gedoen.
Die vlak 4-seuns behaal die volgende plekke: Nick Jones – eerste plek, Bismarck van Blerk – tweede en Reino Jonker – derde plek.
Carla Booyse behaal ʼn vyfde plek in die vlak 4-dogterskategorie.
Die vlak 5-dogters, Lara van Staden en Zanè Janse van Vuuren behaal ʼn vyfde en sewende plek onderskeidelik.
Die volgende kompetisie waaraan die gimnaste gaan deelneem is die Waterberg-distrikkompetisie in Thabazimbi.
Yolandè Vos (hoofafrigter) en Melissa Gouws (hulpafrigter) sê hulle is baie trots op die gimnaste.