1ste plek vir Bossieskuts

LEPHALALE — Veertien van Laerskool Bosveld Primary se boogskuts het die Bossies se naam Saterdag 7 Maart hoog gehou deur weer met ’n eerste plek weg te stap in ’n kompetisie te Entabeni.

Hulle het as eerste prys ses 3D-teikens gewen.

Salome Boshoff het ’n tweede plek behaal in die junior dogters-kategorie en Jaco Botes behaal ’n tweede plek in die junior seuns-kategorie.

Met 143 skuts wat die dag deelgeneem het, het die Bossies regtig gewys hulle het talent.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.