2 Beeldtrofeewenners!

Hoërskool Ellisras se o. 16-span is Beeldtrofeewenners
Hoërskool Ellisras se o. 16-span is Beeldtrofeewenners
‘n Onoorwonne o. 14-span is nou ook Beeldtrofeewenners
‘n Onoorwonne o. 14-span is nou ook Beeldtrofeewenners

Fransa de Beer
LEPHALALE — Groot vreugdevure word gebrand by Hoërskool Ellisras nadat die o. 14- en o. 16-rugbyspan Saterdag 27 Augustus in Vryburg beide as Beeldtrofeewenners vir mediumskole gekroon is.
Die o. 14-span het soos kampioene gespeel teen Merensky se span. Volgens afrigters Rohan Besseling en Rudolph Fourie was dit nie ‘n maklike wedstryd nie, maar die manne het hulle deur niks laat onderkry nie.
Drieë word gedruk deur Janco Lötter, Jevan Human en JP van Staden en die skopwerk is behartig deur Roan Basson. JP van Staden word as Man van die Wedstryd aangewys nadat die span wen met ‘n telling van 17-5. Die afrigters en spanbestuurder Thildie Erasmus kon nie ophou glimlag nie en Rohan, wat Sondag verjaar het, sê hulle kon nie vir hom ‘n beter verjaarsdaggeskenk gee nie!
Die o. 16-span het Hoërskool Schoonspruit se span in die grond in gespeel en hulle wen met ‘n uitstekende telling van 44-14.
Drieë word gedruk deur Steyn van Staden (twee drieë, vier doelskoppe en twee strafskoppe), een drie elk vir Nico Oosthuizen, Gerrie Blom, Hannes Pretorius en Stephan Jansen van Vueren. Hannes Pretorius is aangewys as die Man van die Wedstryd.
Louis Campbell bedank die afrigters en spelers wat baie getrou en met ywer geoefen het en veral die ouers wat hulle kinders geesdriftig ondersteun en gewillig rondgery het – selfs vir uitspeelwedstryde so ver as Barberton en Vryburg.
Hy sê dit is ‘n riem onder die hart om te sien met hoeveel geesdrif die skool ondersteun word.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.