2 jaar later …

LEPHALALE — Monique Barnard het in die vroeë oggendure van 7 April 2016 spoorloos verdwyn en haar liggaam is ʼn maand later in ʼn stormwatersloot naby die Deelkraalpad gevind.

DNS-toetse het bevestig dat dit wel Monique se liggaam was.

Dit is nou twee jaar later en daar is nog geen verdagtes in verband met Monique se dood in hegtenis geneem nie. Die ondersoek duur steeds voort.

Enigiemand met enige inligting wat kan lei tot die arrestasie van ʼn positiewe verdagte, skakel adjudant-offisier Oosthuizen by 014 762 1000.

4 Comments on “2 jaar later …”

  1. Leoni Kruger , jy is die enigste joernalis wat werklik omgee… Asb moet nooit opgee nie..
    Iewers gan jou artikels iemand motiveer om te praat!!!!

    1. Dit is so Schaila. Ek bid dat die Here Leoni sal seen vir haar goeie omgee-hart. Vir ander is dit asof Monique net niks was nie en nou weg is en vergeet moet word. Van die begin af. Ander is veroordelend omdat hulle nie die hele storie ken nie. Laat die een wat sonder sonde is, die eerste klip gooi. Monique was my laatlam en ek mis haar sonder ophou, met elke asemteug en elke klop van my verskeurde hart.

      Ek bid dat hierdie artikels iemand se hart sal raak of aan iemande se gewete sal karring, en dat geregtigheid vir my ou poppie sal geskied.

      Hoe ‘n monster moet mens wees om ‘n lewe te steel en daarna net aan te gaan met jou lewe asof niks gebeur het nie?!

      Baie dankie Leoni.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.