
LEPHALALE — Vir Pat Erasmus van die Rietspruitplotte was Saterdag 23 Januarie ‘n dag van twee (on)aangename verrassings.
Pat vertel dat hy Saterdag omstreeks 18:00 op ‘n lywige swart mamba van 3.2 meter afgekom het nadat ‘n dorper skaapram van hom doodgebyt is.
Die volgende verrassing – ‘n egiptiese spoegkobra van 1.5 meter – het hy dieselfde aand rondom 22:00 raakgeloop. Pat vermoed dié slang het al reeds ses van sy hoenders geëet.