2 vas, 4 vlug

TOM BURKE — Twee verdagtes, Rodrigue Muchungo (38) en Makimane Mazive (37), is vroeg in die week gearresteer in verband met die moord op Jasper von Kleist (57) en die aanval op Charlie Solomon en Sonja Joubert (55) op die plaas Dale in die Tom Burkeomgewing Woensdagaand 21 Maart. ʼn Derde verdagte, Samuel Hlungwane (27), is ook gearresteer omdat hy onwettig in die land is.

Sonja Joubert wag steeds om geopereer te word nadat sy in haar arm geskeit is

Muchungo, Mazive en Hlungwane het Maandag 26 Maart in die Landdroshof in Lephalale verskyn en volgens adjudant offisier Frans Mokoena van Lephalale
Kluster, is Muchungo en Mazive se sake uitgestel na onderskeidelik 28 en 29 Maart. Die saak teen Hlungwane is teruggetrek met voorwaardes.

Volgens ao Mokoena het die verdagtes erken dat hulle die Dinsdag voor die aanval op die plaas was om voorbereidings vir die aanval te tref. Hulle het twee weke lank die aanval organiseer en volgens ao Mokoena was die motief om geld te steel. Hulle het inligting ontvang dat daar baie geld van “ander lande” op die plaas is.

Muchungo was voorheen ʼn werknemer op die plaas en Mazive was volgens inligting die bestuurder van die VW Polo met ʼn Botswana-registrasienommer wat hulle vermoedelik opgelaai het. Ao Mokoena sê Mazive was tydens arrestasie in besit van ʼn selfoon wat hy nie kon verklaar nie.

Teen druktyd was daar nog vier verdagtesop vrye voet en lede van die Heritage Protection Group (HPG) en die polisie was besig met ʼn grootskaalse soektog.

Vier selfone is tydens die voorval gesteel. Charlie Solomon, Nico Solomon se seun, is van agter af in sy regterbobeen geskiet. Hy was teen druktyd reeds ontslaan uit die hospitaal en terug op die plaas. Nico Solomon is die eienaar van die plaas. Jasper von Kleist, die plaasvoorman, is doodgeskiet en sy vriendin, Sonja Joubert, is in haar arm gewond. Sonja het nie ʼn mediese fonds nie en moet dringend ʼn operasie aan haar arm ondergaan. Teen druktyd het die familie steeds gehoop dat daar genoeg fondse ingesamel sou word sodat sy geopereer kan word.

Enigiemand wat bereid is om ʼn fi nansiële bydrae te maak sodat Sonja geopereer kan word, kan haar dogter, Chandré Joubert, skakel by 082 744 6861.

Die rekeningbesonderhede is FNB Besigheidsrekening, rekeningnaam: S Joubert-Bester t/a Tom Burke Dale Farm Attack, rekeningnommer: 62755805812.

Jasper se begrafnis is Woendag 28 Maart vanuit die AP Kerk in Thabazimbi gehou.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.