2020-matrieks presteer

Fransa de Beer
LEPHALALE — Die graad 12-leerders van Hoërskool Ellisras is Maandag 2 November tydens die matriek-lourierfunksie vereer vir hulle prestasies.

236 toekennings is uitgedeel, waaronder sertifikate, medaljes, erekleure en trofeë.

Murangi Sithari is aangewys as die Dux-leerder sowel as die Rassie van die Jaar met die hoogste gemiddeld in graad 12, naamlik 89,5%. Janco Lotter is die Sportseun van die Jaar en Bianca Nel die Sportdogter van die Jaar. Die Handhawingstrofee gaan aan Tiaan Malan.

Murangi is the best learner in Information Technology 93%, Afrikaans First Additional Language 88%, Accounting 91%, Mathematics 93%, and Advanced Mathematics 84%. She achieves the highest marks for two languages simultaneously – English Home and Afrikaans First Additional Languages. Janco Lotter is die beste leerder in Rekenaarstoepassingstegnologie 90% en hy presteer die beste in Fisiese Wetenskap 87%.

Anzelle Vermaak deel die toekenning met Janco vir die beste prestasie in Fisiese Wetenskap 87%. Sy kry ook die prys vir die beste leerder in Wiskunde, Fisiese Wetenskap en Lewenswetenskap gekombineerd, asook die beste leerder in Wiskunde, Fisiese Wetenskap en RTT gekombineerd (88%).

Tiaan Malan is die beste leerder in Afrikaans Huistaal 84%. Ina Marie Roos is beste leerder in Besigheidstudies 89% en Lewenswetenskap 84%. Nelius Grieshaber is die beste in Ingenieursgrafika en -ontwerp 81% en Visuele Kuns 92%. Bianca Nel presteer die beste in Toerisme 79%. Masipala Marunwa is the best learner in Geography 78%, English First Additional Language 89% and Sepedi Home Language 83%. Loulah van der Watt is die beste presteerder in Visuele Kuns 92%.

Nikhil Peram is best achiever in English Home Language 89%. Kobi Erasmus is die beste presteerder in Verbruikerstudies 89%, Jo-Ann van Niekerk in Toerisme 79% en Tokkie de Beer in Siviele Tegnologie 72%. Lethabo Mawila is the best learner in Mathematics Literacy 85%.

“Mag hierdie glansgeleentheid net ’n voorspel wees tot uitstekende matriekuitslae en ’n suksesvolle toekoms. Aristotles het gesê: “The roots of education are bitter, but the fruit is sweet,” het Adriaan Joubert, skoolhoof, na die prysoorhandigings gesê.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.