3-dae-fees vol WOEMA

Elsa van Rooyen
LEPHALALE — Die Bosveldfees gaan weer vanjaar, soos vroeërjare, net oor drie dae strek. By nabetragting wonder ‘n mens waarom dié fees se duur op ‘n stadium uitgerek is na vier dae?
Nóg ‘n pluspunt is dat vanjaar se feesprogram propvol nuwe items is – aanvullend tot die tradisionele kompetisies wat aangebied word.
Die Tour de Bos wat Saterdag 15 Julie plaasvind, ondergaan behoorlik ‘n gedaanteverwisseling. Hierdie MTB Cycle Challenge vind vanaf 08:00 onderskeidelik oor 30 km en 60 km plaas. ‘n “Kiddies” rit van ongeveer 3 km begin om 08:30.
Hou elke week die Mogol Pos dop vir Feesnuus en onthou die ou gunstelinge soos die Bulletjie- en Blommetjie-, baba- (verskillende afdelings), beesras- en potjiekoskompetisie word oudergewoonte aangebied.
En vele meer….

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.