3 ernstig beseer in botsing

LEPHALALE — Drie mense is Sondag 31 Maart in die vroeë oggendure ernstig beseer in ʼn botsing in Nelson Mandelarylaan by die Sasol-verkeerslig. Volgens die polisie is die voertuig afgeskryf.

Ooggetuies wat op die toneel was het getuig dat daar bier in die voertuig en in die kattebak van die voertuig was.

Thys Eloff, voorsitter van die Lephalale GPF, het gesê daar word heeltemal te veel drank in die openbaar gebruik. ʼn Groot persentasie van ongelukke word veroorsaak deur die misbruik van alkohol.

Geen verdere inligting kon teen druktyd van Lephalale Polisie verkry word nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.