3 jagluiperdkarkasse

Leoni Kruger
LEPHALALE — Die karkasse van drie jong jagluiperdmannetjies is Donderdagoggend 11 Mei in die bosse sowat 25 km vanaf Matimba op pad na Stockpoort deur ‘n plaaswerker op die grondpad gekry.
Volgens adjudant-offisier Jurg van Heerden, lid van ‘n spesiale stropingtaakspan, het die werker die eienaar van die plaas geskakel nadat hy gesien het daar is bloed aan die jagluiperd (hy het aanvanklik groot geskrik en gedink die dier lewe).
Van Heerden, wat na die toneel uitgeroep was, sê die drie diere het nie by mekaar gelê nie. Hy sê volgens die merke op die pad en die spore van die diere is dit duidelik dat ‘n motoris een van die diere moes raakgery het want die een het sowat 100 meter verder in die veld gelê en dit het gelyk of die voertuig hom teen die kop gestamp het. Bloedmerke het van die pad af tot in die veld gelê en hardloopspore van die ander twee jagluiperds dui daarop dat die motoris agter hulle aangejaag en doodgery het.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.