3 vas na diefstal van 97 sonpanele

BALTIMORE — Drie verdagtes is Maandag 3 Junie gearresteer in verband met die diefstal van 97 sonpanele en drie batterye ter waarde van R250 000 op ʼn plaas naby Baltimore.


Volgens Sakkie Louwrens van die Heritage Protection Group (HPG), ʼn privaat misdaadondersoekeenheid, is daar na die arrestasie beslag gelê op 20 sonpanele, 11 selfoontoringbatterye, batterye, vierwielmotorfietse, ʼn motorfiets, bossiekappers, ʼn kettingsaag, ʼn rugsakspuit, ʼn windbuks, selfone en verskeie ander los gereedskap wat vermoedelik alles gesteel is.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.