3 vas vir moord

VILLA NORA — Drie mans is Maandag 20 Junie omstreeks 17:00 gearresteer en ‘n moordsaak is teen al drie geopen.
Volgens adjudant-offisier Frans Mokoena, Lephalale polisiewoordvoerder, het Longton Mhurombe (30), Trust Masimba (3) en Julius Home (31) Saterdagmiddag met die oorledene baklei waarna hy dood aangetref is.
Nog ‘n man van Villa Nora, France Mokitlane (28), is ook Maandag gearresteer op ‘n klag van verkragting.
Die sake word ondersoek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.