34 jaar vir huisbreker

LEPHALALE — Die 25-jarige Albert Vinge, ʼn Zimbabwiese burger, is Dinsdag 26 Maart tot 34 jaar gevangenisstraf gevonnis in die Lephalale Streekshof.

Albert Vinge

Vinge was skuldig bevind op al vier aanklagte teen hom, naamlik twee vir huisbraak en twee vir diefstal.

Die klaer het beweer Vinge het op 2 Desember 2016 in sy huis ingebreek deur sy skuifdeur te breek. Hy het R150 kontant, ʼn skootrekenaar en ʼn selfoon gesteel.

Vinge dien sy straf in Polokwane uit.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.