4 geslagte, 1 VLU

Vier geslagte saam. Agter staan Joan en Liliana en voor sit Lily met Marni op haar skoot
Vier geslagte saam. Agter staan Joan en Liliana en voor sit Lily met Marni op haar skoot

STEENBOKPAN — Die lede van Steenbokpan VLU sê hulle is vanjaar besonder bevoorreg om vier geslagte Maree’s in die tak te hê.
Lily Maree is vanaf 2007 ‘n lid van Steenbokpan VLU. Sy was vir ‘n klompie jare die tak se tesouriere totdat haar man oorlede is. Sy het net daarna baie siek geword en vir ‘n jaar by haar seuns in Bloemfontein gebly. Die lede sê hulle is baie bly om haar terug te hê in Steenbokpan en dat dit goed gaan met haar gesondheid.
Joan (Maree) Beukes is ook sedert 2007 lid van Steenbokpan VLU. In hierdie tyd was sy deel van Bosveldstreek se dagbestuur as skakelbeampte, sy was ook skakelbeampte vir Steenbokpan en sy is tans provinsiale skakelbeampte van VLU Noord en voorsitter van Steenbokpan VLU.
Liliana Beukes sluit aan die begin van 2015 aan by die VLU. Sy is ‘n baie kreatiewe persoon en sê sy geniet die werksklasse, waar sy nuwe dinge kan leer, verskriklik baie.
Marni is op 7 Mei vanjaar gebore en is die jongste toevoeging tot hierdie dinamiese span vroue.
Die lede van Steenbokpan VLU sê dit is ‘n voorreg om hierdie ouma, ma, dogter en kleindogter in hulle midde te hê.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.