4 x goud vir Elmé

LEPHALALE — Elmé Young het verlede naweek vier goue medaljes losgehardloop by die Suid-Afrikaanse Meestersatletiekkampioenskappe (ouderdom 35+) in Oudtshoorn.

Die goue vrou – Elmé Young

Sy neem deel in die ouderdomskategorie 45-49 en behaal goud in die 100 m, 200 m, 400 m en in die aflos. “Dit is die eerste keer dat ek goud in al vier items kry,” sê sy.

Elmé het reeds as skooldogter op Oudtshoorn se baan deelgeneem met haar ouers altyd op die pawiljoene, nou, 30 jaar later, was haar ouers weer daar, maar ook haar oudste seun (20). “Wat ʼn voorreg,” sê sy.

“Ek is dankbaar om in ’n atletiekgemeenskap te wees waar daar so baie ondersteuning en kameraderie is. Selfs op harde oefendae spring hulle in en ondersteun my deur saam te oefen. Dit maak harde oefening ‘makliker’.

“Ek het ook nou al goeie vriende gemaak met meesteratlete regoor SA (en ook die wêreld). Dis lekker om op hierdie manier my lewe te verryk,” sê Elmé.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.