5 renoster-verdagtes soek

Hierdie witrenosterbul is Saterdag geskiet en sy horings verwyder
Hierdie witrenosterbul is Saterdag geskiet en sy horings verwyder

Leoni Kruger
Die polisie by Rooiberg is op soek na vyf verdagtes nadat twee witrenosters Saterdagoggend in die vroeë oggendure deur stropers doodgeskiet is. Volgens kol Ronel Otto, Limpopo polisiewoordvoerder, is die bul doodgeskiet en sy horings verwyder, maar die koei is gekwes, dus kon hulle nie die horings verwyder nie. Die koei was in geweldige pyn nadat sy gevind is en moes deur ‘n veearts uitgesit word.
Twee patroondoppies en ‘n lewendige rondte ammunisie (alles moontlik van ‘n jaggeweer) is op die toneel gevind. Die polisie doen ‘n beroep op almal wat moontlik enige inligting kan hê oor die voorval om kolonel Alpheus Mokale te skakel by 082 565 6524.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.