5 vas vir Drotskie-roof

Vuurwapens en ammunisie is teruggekry

Leoni Kruger
TOM BURKE — Vyf verdagtes is vroeg in die week gearresteer deur lede van die Heritage Protection Group (HPG), Qiniso Lonke en Tom Burke SAPD vir huisbraak en diefstal op die plaas Speculatie van Francois en Irmi Drotskie.
Die verdagtes het op 9 Julie toegang tot die Drotskies se huis op die plaas gekry en ‘n Isuzu dubbelkajuitbakkie, vier plasma TVs, sowat $40 en vuurwapens gebuit en met die Isuzu op die vlug geslaan. Die Izuzu en die TV’s is later teruggevind.
Tydens die arrestasie is daar beslag gelê op vuurwapens, ammunisie en ander goedere.
Die verdagtes se identiteit kon teen druktyd nog nie bekend gemaak word nie, aangesien hulle nog nie in die hof verskyn het nie.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.