6 jaar vir wilddiefstal

STEENBOKPAN — Twee wilddiefstal-verdagtes, Kelepele Boy (Oupa) Phuttego (44) en Johannes Ogopoleng Mathoni (45) is op 1 Januarie 2014 gearresteer nadat hulle beeste op die plaas Grootzwartbult in die Steenbokpanomgewing gesteel het.

Volgens adjudant-offisier Jurg van Heerden van die bedreigde spesies-eenheid in Limpopo, het die verdagtes die beeste met drade vasgemaak, waarna dit doodgemaak en geslag is. Die verdagtes is op heterdaad betrap deur ao Van Heerden, ao Danie Erasmus van die Veediefstaleenheid en Mof Venter, die eienaar. Volgens Van Heerden is die verdagtes aanvanklik op veiligheidskameras opgemerk.

Phutego en Mathoni is elk tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis sonder enige alternatiewe boetes. Van Heerden sê die verdagtes (daar was ʼn derde verdagte wat onskuldig bevind is), het altesaam 29 keer in die hof verskyn voordat hulle uiteindelik gevonnis is.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.