7 jaar vir diefstal

Leoni Kruger
LEPHALALE — Jacqueline Nel-Pienaar (45) is Dinsdagmiddag 30 Mei in die Streekshof in Lephalale tot 7 jaar gevangenisstraf gevonnis. Jacqueline het in 2015, in minder as ses maande, ‘n aansienlike bedrag kontant gesteel by haar werkgewer, Bosveld Motors.
Desiré Cloete, bestuurder by Bosveld Motors, sê sy het onraad begin vermoed toe Jacqueline op 4 Desember 2015 vir twee dae met siekverlof was.
Sy sê sy het die Vrydagmiddag deur die boeke gegaan en gesien Jacqueline gebruik vreeslik baie tippex. “Ek sien toe in November se boeke dat die bedrag wat sy aanvanklik in die boek skryf en die bedrag wat later met tippex verander is, verskil.
Volgens Desiré het Jacqueline altesaam 44 keer geld gevat en die laaste dag voor haar arrestasie kon daar duidelik op die kringtelevisie gesien word hoe sy ‘n pakkie note in haar handsak sit.
Jacqueline het in Maart 2015 by Bosveld Motors begin werk en aan die einde van Junie 2015 die eerste keer geld gevat. Alhoewel sy aanvanklik skuld ontken het vir die totale bedrag het sy op 2 Desember 2016 skuld erken.
Desiré sê die emosionele skade, veral betreffende vertroue, wat dié saak aan die res van die personeel gedoen het is baie groot.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.