9 honde deur DBV verwyder

TOM BURKE — Nege honde is Woensdag 1 Augustus deur die DBV Lephalale uit Tom Burke verwyder. Die honde is vermoedelik almal gebruik vir onwettige jagtogte in die area.

Volgens Sakkie Louwrens van HPG was daar die laaste tyd baie voorvalle van jag met honde in die Tom Burke-area en hulle het besef die honde word uitgehonger en dan beloon met kos indien hulle ʼn suksesvolle jag gehad het. Hulle honger dryf hulle dus daartoe om te jag.

Louwrens het ook gesê die honde se toestand en omstandighede is baie sleg en daarom het hulle besluit om die DBV se hulp in te roep sodat die honde verlos kan word van dit waardeur hulle elke dag gaan.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.