À la Albertyn!

LEPHALALE — Die NG Kerk Albertyn se kuierfees wat Saterdag 5 Mei gehou is, was soos elke jaar uit die boonste rakke en aan eet- en drinkgoed het dit nie ontbreek nie. Kuier en nogmaals kuier was aan die orde van die dag terwyl revue- en trompoppiegroepe aanskoulike optredes gelewer het.

Antoinette Geldenhuys, Marie Glas en
Hes Troskie geniet die kuierfees

Hierdie samekomste van kerke dra by tot samehorigheid in die gemeenskap en is die perfekte manier om ʼn Saterdag op te kikker. NG Albertyn het hulle soos altyd knap van hulle taak gekwyt.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.