Aandag alle boomliefhebbers

LEPHALALE — ‘n Deel van die jaarprogram van die Dendrologiese vereniging se Tak Manketti is voorlopig vir boomliefhebbers beskikbaar gestel. Meer besonderhede sal nader aan elke datum op hulle Facebook-blad sowel as hul WhatsApp-groep gegee word.
28 OKTOBER 2017
Hermanusdoorn: Boommeester – Kobus Roux
25 NOVEMBER 2017
Tafelkoppe: Boommeester – Andre van Stryp. Dit sluit in: die grothuis, hardekoolwoud en asemrowende uitsigte.
27 JANUARIE 2018
Fahad: Boommeester – Gert du Plessis
03 MAART 2018
Buffelsdrift: Boommeester – Vonnie Maree
(Een van die vyf grootste Kremetartbome kan bekyk word)
MEI 2018
Weltevreden, Rooiberg: Boommeester – dr Willie Barnard.
Dit sluit in: Pionierjagters, herstrukturering van die bestuur en dalk ‘n Saterdagaand-om-die-vuur-boom-flinkdink? Met pryse natuurlik!
Skakel Marthie Scheepers by 083 609 0182 vir meer inligting omtrent Tak Manketti.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.