AfriForum nou in Polokwane

Agter v.l.n.r.: Riaan Jacobs, Johan Spaumer, Llewellynn Hemmens, Arnold Smith, Marius Fourie, Hennie de Vos, Marco Jansen van Vuuren, Aldo Venter (Lephalale) en voor: Lylani Seitz, Hillel Coetzer, Leatithia Duvenage en Delyse Venter (Lephalale)

POLOKWANE — Die burgerregte-organisasie AfriForum het op Woensdag 25 September ’n nuwe tak sowel as buurtwagkomitee in Polokwane (Pietersburg) gestig.

Die bestuurslede is Marius Fourie (voorsitter), Hennie de Vos (ondervoorsitter), Lylani Seitz (sekretaris/tesourier), Leatithia Duvenage (portefeulje: omgewingsake en plaaslike regering), Marco Jansen van Vuuren (portefeulje: jeug), Arnold Smith (portefeulje: veiligheid), Johan Spaumer (buurtwagvoorsitter) en Riaan Jacobs (koördineerder).

“Ons is baie opgewonde oor hierdie dinamiese tak en glo hulle sal in die toekoms baie vermag.

AfriForum nooi graag ander strukture uit om in die Polokwane-omgewing saam te werk,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die Noordstreek.

Leave a Reply

This site uses Akismet to reduce spam. Learn how your comment data is processed.